# Die Wêreldnatuurfonds in Suid-Afrika sê volhoubare ontwikkeling van ʼn oorgangs-mineraalbedryf is belangrik terwyl Suid-Afrika gereed maak om later vanjaar die G20-beraad aan te bied. Die Wêreldbank beraam daar sal teen 2050 ʼn 500-persent toename wees in die vraag na minerale soos grafiet en litium vir die wêreldwye oorgang na ʼn nuwe energie-orde. WWF SA sê die wedloop is aan die gang om die minerale beskikbaar te hê wat nodig is vir die oorgang van fossielbrandstof na ʼn lae koolstof-toekoms.
WWF SA sê wedloop begin om minerale vir energieoordrag weg van fossielbrandstof te verseker