# Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad sê dringende optrede is nodig om grond-vernietiging in Suid-Afrika te vermy, te verminder en om te keer. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut se nasionale biodiversiteit-assessering word ongeveer 50-persent van die land se ekostelsels as bedreig geklassifiseer. Die bedreigde ekostelsels sluit in die fynbos-bioom in die Wes- en Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal se Indiese Oseaan-kusstreek. Phumza Ntshotsho van die WNNR sê ekologiese herstel en ekostelsel-gebaseerde aanpassing is dringend nodig om die verlies as biodiversiteit en vernietiging van ekostelsels aan te spreek.
WNNR sê dringende optrede is nodig om vernietiging van ekostelsels om te keer