Skip to content

Wits-wetenskaplikes wen gesogte internasionale toekenning 

# Die Wits-universiteit se Antivirale Geen-terapie-navorsingseenheid en die Sintetiese Organiese Chemie-eenheid het een van ses internasionale Vernuwingstoekennings onder die GIZ SAVax-program ontvang. Dis vir die ontwikkeling van ʼn bio-afbreekbare, Afrika-ontginde bestanddeel wat die toekoms van entstofproduksie kan verander. Hulle projek, Plaaslike grootskaalse produksie van ioniseerbare lipiede, het ʼn toelaag van sewe-miljoen-rand ontvang om verbindings te ontwikkel wat gebruik word in die vervaardiging van entstowwe, en wat uit vloeistof van kasjoeneut-doppe verkry word. Professor Patrick Arbuthnot sê hulle is opgewonde om ʼn volhoubare plaaslik-ontginde alternatief te ontwikkel.