# ‘n Professor aan die Universiteit van Witwatersrand, en die John Hopkins-universiteit, Lucy Allais, is die eerste vroue Suid-Afrikaanse filosoof wat as lid van die Amerikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskap toegelaat is. Huidige lede verteenwoordig innoverende denkers in elke veld en beroep, insluitend meer as 250 Nobel- en Pulitzerpryswenners. Allais sluit haar aan by 16 ander Suid-Afrikaanse lede van die Akademie. Allais sê sy voel geëerd deur die erkenning en voeg by sy is verbind tot die ontwikkeling van ‘n geslag van denkers.
Wits-professor maak geskiedenis deur haar toelating tot die Amerikaanse Akademie van Kuns en Wetenskap