# Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en Voorkoming monitor 82 passasiers en ses bemanningslede wat op 25 April op ʼn Airlink-vlug van die eiland Sint Helena na Johannesburg gereis het. Dit volg nadat ʼn 69-jarige Nederlandse vrou wat ʼn passasier op die vlug was, kort na haar aankoms aan die hantavirus dood is. Sy was een van ʼn groter groep passasiers van die MV Hondius-passasierskip. Die WGO sê hulle hou die passasiers dop omdat hulle eerder oorversigtig is.
WGO spoor passasiers na op Airlink-vlug van Sint Helena na Johannesburg na kommer oor hantavirus