# Wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch het saamgespan om die ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda te help beheer. Die uitbreking, wat deur die Bundibugyo-stam veroorsaak is, is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot ‘n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar. Navorsers sê daar is tans geen gelisensieerde entstowwe of spesifieke behandelings vir die spesifieke stam nie, wat inperking en vroeë opsporing van kritieke belang maak. Hulle waarsku beperkte diagnostiese instrumente en oor-grens beweging kan die verspreiding versnel.
Wetenskaplikes van Universiteit Stellenbosch mobiliseer om ebola-uitbreking in DRK en Uganda te beveg