# Wes-Kaapse skole en distrikte het uitgeblink by die Nasionale Toekennings vir Uitnemendheid in Onderwys by die Sandton-konferensiesentrum. Hoër Meisieskool Bloemhof het vir die tweede jaar die Top Presterende Openbare Gewone Skool in Kwintiel 5 gewen, met Rhenish Girls’ High en Rustenburg Girls’ High in die tweede en derde plek. Vredendal Noord Primêr en Bridgton Sekondêr Hhet gewen vir fasiliteite; en Kaapse Wynlande was eerste in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, het hulle vir uitnemendheid geprys:
Wes-Kaapse skole skitter by Nasionale Toekennings vir Uitnemendheid in Onderwys [KLANK]
AFR-MaynierOnAwards