Skip to content

Werknemers van De Beers se Venetia-diamantmyn vrees werkverliese

# Werknemers van De Beers se Venetia-myn in Alldays, Limpopo, is bekommerd oor moontlike werkverliese nadat die onderneming besluit het om produksie vir twee jaar op te skort. Die stap stel meer as een-duisend-200 werksgeleenthede in gevaar in die grootste diamantmyn in Suid-Afrika. Sekere werknemers het reeds Artikel 189A-kennisgewings ontvang, wat tot afleggings kan lei. De Beers sê die tydelike opskorting van produksie sal sy ondergrondse uitbreidingsprojek ondersteun en reageer op die swak wêreldvraag na natuurlike diamante.