Skip to content

Wêreldwye probleem met stelsels raak FlySafair en LIFT, en veroorsaak vertragings

# Die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy sê ʼn wêreldwye probleem met stelsels het FlySafair en LIFT oor die naweek geraak. Dit het passasiers van dié twee lugrederye langer as gewoonlik geneem om in te boek en daar was lang toue by aanmeldingstoonbanke. FlySafair sê hy het steunprosesse ingestel en 98-persent vlugte kon betyds vertrek. Teen Sondagaand was die programmatuur by die Kaapstad Internasionale Lughawe weer reg en by OR Tambo en King Shaka Internasionale Lughawens was herstelwerk aan die gang.