Skip to content

Wêreldberoertedag: Gemeenskappe aangespoor om vinnig op te tree om lewens te red na ‘n beroerte

# Die Departement van Gesondheid in Gauteng beklemtoon die noodsaaklikheid dat lede van die gemeenskap die vroeë tekens van ‘n beroerte moet herken en onmiddellik moet optree. Dit is vandag Wêreldberoertedag, wat die erns van beroertes en die hoë voorkoms daarvan beklemtoon. Die Departement sê die provinsie het tussen 2020 en 2024 meer as 32-duisend nuwe gevalle aangeteken, wat tot meer as 105-duisend-441 opvolgsake gelei het. ‘n Beroerte vind plaas wanneer die bloedtoevoer na ‘n deel van die brein beperk word, wat verhoed dat breinselle genoeg suurstof en belangrike voedingstowwe ontvang.