Skip to content

Wêreldbekende bewaringsgesinde Jane Goodall sterf

# Die wêreldbekende primaatkenner en bewaringskundige, Jane Goodall, is op 91-jarige leeftyd dood. Sy is in Kalifornië aan natuurlike oorsake dood tydens ʼn toer in Amerika. Sy word beskou as die voorste kenner van sjimpansees. Tydens haar loopbaan van meer as 60 jaar het sy nie net grense vir vroue uitgebrei nie, maar ook die manier waarop wetenskaplikes diere bestudeer, verander. Die Jane Goodall Instituut sê haar ontdekkings as ʼn etoloog, het ʼn omwenteling in wetenskap gebring, en sy het haar onverpoos beywer vir die beskerming en herstel van die natuurlewe.