# Dis vandag Wêreld-teaterdag. Dit vier die mag om stories op die verhoog te vertel en kulture en stemme te verenig. Die tema is Teater en ʼn kultuur van Vrede. Die Internasionale Teaterinstituut het Wêreld-teaterdag in 1961 gestig. Dis geskep om die belangrikheid van teater as kunsvorm te bevorder, en die betekenisvolle rol te vier wat teater in kulturele uitruiling, onderwys en die samelewing speel. Dit lig ook die kunswêreld se probleme uit, wat beperkte befondsing insluit.
Wêreld-teaterdag vier kuns van storievertel