Skip to content

Wêreld-Aardedag: Minister George moedig Suid-Afrikaners aan om saam te staan om die omgewing te beskerm

# Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te werk om die omgewing te beskerm. Vandag is Wêreld-Aardedag met die slagspreuk, Ons Mag, Ons Planeet. Dit doen ‘n beroep op almal om saam te staan rondom hernubare energie, sodat die wêreld teen 2030 skoon elektrisiteit kan verdriedubbel. George sê dit was ’n mylpaal-prestasie om ’n hofsaak te bemiddel om die ikoniese Afrika-pikkewyn van uitwissing te red, en te verseker dat hierdie kosbare spesie vir toekomstige geslagte behoue bly.