Skip to content

Weerdiens waarsku oor koue weer in Suid-Afrika en sterk wind in Noord-Kaap

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag van vandag af koue tot koel weer oor die grootste deel van die land, veral in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. ‘n Geel vlak-een-waarskuwing is uitgereik vir sterk wind in die weste van die Noord-Kaap wat verkeer tot Saterdag kan ontwrig. Voorspelers verwag die naweek ook buie en donderbuie in dele van die land. Motoriste word aangeraai om versigtig wees, veral tydens winderige toestande in die Noord-Kaap.