# President Donald Trump van Amerika se administrasie stel tariewe van tussen 10- en 12,5-persent in teen 60 handelsvennote, insluitend Suid-Afrika. Die rede is die lande se versuim om maatreëls doeltreffend toe te pas om die invoer van goedere wat deur dwangarbeid vervaardig is, te keer. Die tariewe raak belangrike ekonomiese vennote soos die Verenigde Koninkryk, China, die Europese Unie, Kanada, Japan en Indië. Suid-Afrika is onder die lande met tariewe van 12,5-persent. Amerika se handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, sê dwangarbeid raak meer as 27,6-miljoen mense wêreldwyd:
VSA stel tariewe van 10% tot 12,5% in op goedere van 60 lande, insluitend Suid-Afrika [KLANK]
ENG GreerOnForcedLabour