Skip to content

Vrystaatse professor met internasionale toekenning vereer

# Professor Ivan Turok van die Universiteit van die Vrystaat is aangewys as ontvanger van die Regional Studies Association se 2025-toekenning vir uitsonderlike diens. Hierdie internasionale erkenning vereer Turok se aansienlike bydrae tot stedelike en streeksnavorsing wêreldwyd en op die Afrika-vasteland. Sy navorsing het gefokus op die ekonomiese struktuur en prestasie van Suid-Afrikaanse stede en ander reg oor die vasteland. Turok sê die toekenning is ʼn groot eer, veral omdat dit akademici van die globale Suide verteenwoordig.