Skip to content

Vrou sterf toe boom op motor val in Knysna gedurende stormweer

# Rampbestuur in die Tuinroete in die Wes-Kaap het bevestig dat ‘n 37-jarige vrou dood is toe ‘n boom op ‘n geparkeerde motor in Knysna geval het. Die polisie sê haar liggaam is uit die motor gehaal en ‘n gedeelte van die pad is gesluit vir opruiming. Die hoof van Rampbestuur, Gerhard Otto, het mense gewaarsku om nie onder groot bome te parkeer nie, aangesien die sterk wind gevaarlik is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër ‘n Oranje Vlak Agt-waarskuwing vir die Tuinroete uitgereik.