Skip to content

Voormalige Transnet-hoofde kry R50,000 borgtog elk in R93-miljoen lokomotief-tender-saak

# Vier voormalige Transnet-hoofde is borgtog van 50-duisend-rand elk in die Palm Ridge Handelsmisdaadhof in Gauteng toegestaan. Anoj Singh, Brian Molefe, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in verband met ‘n lokomotieftender van 93-miljoen-rand in 2015. Die tender word verbind aan ‘n groter 54-miljard-rand ooreenkoms wat met die Gupta-netwerke gekoppel is. Die hof het beslis daar is geen risiko van inmenging met getuies of ‘n vlugrisiko nie. Jiyane moet sy paspoort as deel van sy borgtogvoorwaardes inhandig.