# ‘n Biotegnologie-onderneming in Londen, BioOrbit, ondersoek die moontlikheid om kankerbestrydende medisyne in die ruimte te laat vervaardig waar swaartekrag nie sal inmeng met die proses om die medisyne in behoorlike kristalle te omskep nie. Pasiënte kan dit dan self inspuit en sal nie hoef hospitaal toe te gaan en ure lank te wag vir die middel om na die bloedstroom oorgedra te word nie. ‘n Woordvoerder van BioOrbit sê hulle berei die eerste besending medisyne voor wat volgende maand na die Internasionale Ruimtestasie gestuur sal word.
Volgende geslag kankermedisyne kan dalk in die ruimte vervaardig word