Skip to content

VN-dwelmverslag toon wêreldhandel in kokaïen en tik floreer

# Wêreldhandel in onwettige dwelms floreer, met kokaïenvervaardiging en beslagleggings van die dwelm bekend as “tik” in Suid-Afrika, op ‘n rekordhoogtepunt. Die Verenigde Nasies se jaarlikse Wêreld-dwelmverslag waarsku oor ‘n toename in nuwe dwelms wat ‘n gaping vul wat gelaat is deur die instorting van heroïenvoorraad. Kokaïenvervaardiging het in 2024 tot ongeveer vier-duisend-100 metrieke ton suiwer produk gestyg – ‘n viervoudige toename binne ‘n dekade. Tik-beslagleggings dui aan vervaardiging het teen 13-persent per jaar gegroei.