# Die saak teen vier van die vyf verdagtes in die wrede aanval op ‘n boer van Noordwes, Donovan Marx, is tot 13 November uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek. Hulle het in die Ventersdorpse Landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Die staat voer aan die aanval is vooraf beplan en met voorbedagte rade uitgevoer nadat Marx geskiet en gesteek en albei sy ore afgesny is. Die saak teen die vyfde verdagte is nog nie op die hofrol geplaas nie.
Vier van vyf beskuldigdes in Noordwes-plaasaanval bly agter tralies