# Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het vandag vyf jaar gelede aangekondig Covid-19 het ‘n pandemie geword, toe die wêreld uiteindelik behoorlik bewus geword het van die dreigende ramp. Die hoof van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het op 11 Maart 2020 op ‘n nuuskonferensie gesê die erger-wordende uitbreking kan bestempel word as ‘n pandemie. Eers toe het baie lande besef hoe ernstig die situasie was, en begin optree. Die ergste pandemie in ‘n eeu het miljoene lewens geëis, ekonomieë aan flarde geruk en gesondheidsorgstelsels lam gelê.
Vandag vyf jaar gelede het WGO Covid-19 tot pandemie verklaar