# Die Departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam is weer vol nadat dit Dinsdag ‘n vlak van 100,88-persent bereik het. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar was die dam net 34,77-persent vol. Volgens die departement het die goeie reënval in Gauteng en die Vrystaat gesorg dat die dam ‘n bestendige vlak handhaaf. Owerhede sal egter voortgaan om die stelsel te monitor om balans in die opvanggebiede te handhaaf.
Vaaldam is weer vol