Skip to content

V&A Waterfront se Green Cab-vennootskap bevorder omgewingsverandering

# Die V&A Waterfront sê sy vennootskap met The Green Cab bevorder omgewingsverandering terwyl dit ware maatskaplike en ekonomiese waarde skep. As onderneming met vroue as eienaars is The Green Cab ʼn baken van vernuwing in die groeiende sektor vir elektriese voertuie en e-mobiliteit in Suid-Afrika. Sedert die diens in Desember 2024 bekendgestel is, het dit reeds meer as 21-duisend kilometer afgelê, meer as 30-duisend mense vervoer en sowat een-duisend-176 kilogram koolstofdioksied-uitlaatgasse gespaar. Die V&A Waterfront sê die vennootskap bewys volhoubare sakeondernemings is noodsaaklik vir die planeet se toekoms.