# Professor Helen Schneider van die Universiteit van die Wes-Kaap is onlangs by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se 11de Toekenningsgeleentheid vereer. Sy het die Navorsingsontwikkeling en Hervormingstoekenning ontvang wat erkenning gee aan buitengewone prestasie en bydrae tot Suid-Afrikaanse gesondheidsnavorsing. Die UWK sê Schneider se leierskap en kennis het gesondheidsbeleid nasionaal en wêreldwyd gevorm en gehelp om doeltreffende en billike gesondheidstelsels te bou.
UWK se hedendaagse Nightingale vir bydrae tot gesondheidsorg vereer