Skip to content

UV een van top drie by GradStar-toekennings waar 53 studente erkenning ontvang

# Die Universiteit van die Vrystaat is as een van die beste drie universiteite landwyd aangewys tydens die 2025 GradStar-toekennings. Drie-en-vyftig studente is op die gesogte Top 500-lys ingesluit. Die GradStar-toekennings, wat tien jaar gelede begin is, identifiseer studente in Suid-Afrikaanse universiteite met vaardighede in indiensneembaarheid, wat leierskapseienskappe het en potensiaal toon om ‘n betekenisvolle impak in die werkplek te maak. Die UV sê dié erkenning bewys die instelling se toewyding aan akademiese uitnemendheid en die sukses van studente.