# ʼn Veearts aan die Universiteit van Pretoria, Liana Coetzee, sê dis steeds voordelig om die hondebevolking te steriliseer om ongewenste werpsels te voorkom en die aantal rondloperhonde en -katte in Suid-Afrika te verminder. Dit is vandag Wêreld Sterilisasiedag wat die aandag vestig op die belangrikheid om troeteldiere te steriliseer, oorbevolking te voorkom en dierewelsyn te verbeter. Coetzee sê ʼn verfynde benadering wat op individuele honde fokus, kan die voordele en gevare van sterilisasie beter balanseer, veral omdat voortplantingshormone ʼn belangrike rol speel in hondegesondheid, ook buiten voortplanting.
UP-veearts sê tyd wanneer honde gesteriliseer word moet verfyn word