Skip to content

UP se Giving Month-veldtog samel R620 000 in om studente te help

# Universiteit van Pretoria het in Julie as deel van sy eerste Giving Month-veldtog 620-duisend-rand ingesamel. Verskeie organisasies soos die Pretoria-gebaseerde Bulle- en Bulls Daisies-rugbyspanne het bydraes gelewer. Die universiteit se projek het ʼn hoogtepunt bereik met ʼn kospakkieprojek op die Hatfield-kampus, waar honderde vrywilligers meer as twee-duisend nie-bederfbare voedselprodukte geskenk het. Die visekanselier en hoof, Francis Petersen, sê dis die houding agter die geskenk en nie die grootte nie, wat tel.