Skip to content

UP-professor ontvang internasionale toekenning vir revolusionêre gehoorsorg

# ‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria, De Wet Swanepoel, sê die erkenning wat hy van die Amerikaanse Akademie van Oudiologie ontvang het beklemtoon die noodsaaklikheid om gehoor toeganklik te maak vir almal. Hy het die Internasionale Gehoortoekenning ontvang vir sy navorsing om mobiele gehoorsorg aan behoeftige gebiede beskikbaar te stel. Swanepoel is die medestigter van die digitale gesondheidsmaatskappy hearX Group. Slegs twee persent van mense in Afrika wat gehoortoestelle benodig, kry dit uiteindelik. Die universiteit sê Swanepoel se erkenning open deure en nuwe geleenthede vir internasionale samewerking.