# Die Universiteit van Pretoria, deur sy Departement van Institusionele Bevordering, loof sy vennootskap met die programmatuur-firma, PowerFleet. Sedert die begin van die vennootskap in 2018, het PowerFleet 204 studente met beurse ondersteun en tot dusver 11,4-miljard-rand belê. Die universiteit sê die firma se voortgesette verbintenis verlig die finansiële las op baie studente en laat hulle toe om op hul studies te fokus en ʼn basis vir toekomstige loopbane te bou. PowerFleet-woordvoerder, Mariette Myburgh, sê hierdie vennootskap weerspieël hulle toewyding om in mense en hul potensiaal te belê.
UP-PowerFleet-vennootskap help 204 studente met beurse en belê R11,4-miljoen