# Die Universiteit van Pretoria se kandidate het die derde agtereenvolgende jaar ʼn 100-persent-slaagsyfer in die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters se eerste beroepseksamen, die Aanvanklike Assessering van Bevoegdheid, behaal. Vyf van die 20 kandidate wat dié eksamen vanjaar met onderskeiding geslaag het, was van die UP. Professor Margaret Chitiga-Mabugu van die universiteit sê die uitslae bevestig die instelling se toewyding om geoktrooieerde rekenmeesters van die hoogste gehalte te lewer.
UP behaal weer 100% slaagsyfer in eksamen van SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters