Skip to content

Universiteit van Pretoria se Monet-geïnspireerde dam is ’n plek van vrede

# Die Universiteit van Pretoria sê die Hatfield-kampus se lelie-dam wat in 1960 gebou is, het sedertdien ’n plek van vrede en bron van inspirasie geword waar voornemende kunstenaars kan skets en verf. Die dammetjie is geïnspireer deur die Franse impressionis, Claude Monet, se bekende reeks skilderye van ’n Japannese brug en ’n verskeidenheid lelies. Die dam het tans ongeveer 13 waterlelie-spesies. Die universiteit sê die dam is in 2011 deeglik opgeknap en dien steeds as lewende museum.