# Die Universiteit van KwaZulu-Natal sê die eerste oefenkamp van die KwaZulu-Natalse Blinde Krieket Damesspan wat onlangs gehou is, is ‘n groot stap vorentoe vir sport vir gestremdes, geslagsgelykheid en krieketontwikkeling in Suid-Afrika. Die baanbrekersinisiatief is gelei deur die KwaZulu-Natal Vereniging van Blinde Krieket en daar was geesdriftige deelname van vroue regoor die provinsie, wat ook die amptelik totstandkoming van die span was. Die kamp se intensiewe program oor drie dae het vaardigheidsopleiding, wedstrydspel, leierskapsontwikkeling en spanbou ingesluit.
Universiteit van KZN betrokke by baanbrekersinisiatief in sport vir gestremdes