Skip to content

Universiteit Stellenbosch en China toets ultraveilige kwantum-satellietverbinding

# Navorsers van die Universiteit Stellenbosch en China het ‘n skakel vir ‘n ultraveilige kwantum-satellietverbinding suksesvol getoets. Hulle het ‘n foto van die Groot Muur van China meer as 12-duisend-900 kilometer ver vanaf Beijing na Stellenbosch gestuur. Hierdie baanbreker-prestasie is die langste kwantum-satellietverbinding ooit en die eerste in die suidelike halfrond. Die projek het ten doel om onbreekbare koderingstegnieke te ontwikkel om data teen moontlike kwantum-rekenaarbedreigings te beveilig. Die prestasie beklemtoon Suid-Afrika se groeiende rol in die globale kwantumtegnologie-ekostelsel.