# Navorsers van die Universiteit Kaapstad het ’n onlangs geïdentifiseerde tipe gefossileerde termietnes vernoem na Calitzdorp in die Klein Karoo, waar die strukture ontdek is. Agt merkwaardig goed bewaarde voorbeelde, wat byna 400-duisend jaar oud is, is op een terrein gevind. Elke nes is ongeveer ’n meter diep en bevat ’n ingewikkelde netwerk van kamers en tonnels. Die ongewone, pypagtige strukture is aanvanklik verkeerdelik aangesien vir oonde wat deur vroeë menslike bewoners gebruik is. Navorsers sê die fossiele bied ’n seldsame blik op die gedrag van termiete uit die antieke verlede en die omgewing waarin hulle geleef het.
Universiteit Kaapstad vernoem antieke termietneste na Calitzdorp