Skip to content

United Africans Transformation veroordeel Amerikaanse neo-koloniale onderdrukking van SA

# Die United Africans Transformation het Amerikaanse president Donald Trump veroordeel na die besluit om steun aan Suid-Afrika te beëindig en dit as neo-koloniale onderdrukking beskryf. Dit volg nadat Trump onlangs ‘n belofte van 18-miljard-rand vir Suid-Afrika se enrgie-oorgang gestaak het. Wonder Mahlatsi van die party maak ‘n beroep op Afrika-nasies om te verenig, hulle minerale rykdomme te beskerm, en om buitelandse ekonomiese beheer te verwerp. Hy het ‘n beroep gedoen op president Cyril Ramaphosa om ‘n Pan-Afrika beraad oor die bestuur van bronne te lei.