Skip to content

UJ se Theatre 101 ontwerp die toekoms deur kreatiwiteit

#Die Universiteit van Johannesburg sê Theatre 101, ‘n unieke interdissplinêre leerondervinding gerig op die herverbeel van die toekoms van teater, was ‘n groot sukses. Meer as 300 tweedejaarstudente het aan die projek deelgeneem. Die studente in teaterontwerp, bemarking, mode-ontwerp en skone kunste, het twee weke lank werk aangebied wat geïnspireer is deur The Bacchae of Euripides: An African Ballet. Hulle moes temas vanuit verskillende oogpunte van ontwerp, insluitende stel- en kostuumontwerp en die maak van juwele vir die ballet ondersoek. Die ballet open volgende jaar in die Joburg Theatre.