Skip to content

Uitvoer-kredietversekeringskorporasie gaan uitbrei na Afrika

# Die Uitvoer-kredietversekeringskorporasie beplan om oral in Afrika uit te brei, steun vir klein ondernemings te versterk en meer uitvoer-geleenthede te ontsluit. Uitvoerende hoof Linda Seroka het op die liggaam se 25ste bestaansjaarvieringe in Johannesburg gesê hulle strategie vir 2026 tot 2031 gee voorkeur aan mark-verskeidenheid, vennootskappe en groter steun aan opkomende uitvoerders. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die korporasie het meer as ‘n duisend-miljard-rand se kapitaal ontsluit en 87-duisend werksgeleenthede bygedra.