# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sê lewensveranderende korrektiewe chirurgie gee kinders met gesplete lippe en verhemeltes asook ander kraniofasiale toestande ’n tweede kans op ’n gesonde lewe. Die Tygerberg Hospitaal en die Rooi Kruis-oorloggedenkhospitaal vir Kinders in vennootskap met die Smile-stigting, gee in Julie die pas aan tydens die nasionale bewusmakingsveldtog vir gesplete lip- en kraniofasiale toestande. Plastiese chirurg, Destiny Links, moedig ouers aan om mediese hulp te kry as hulle enigiets ongewoon op hulle kind se gesig of kop opmerk: