Skip to content

Twee Suid-Afrikaners op kortlys vir 2026 Afrika-prys vir Ingenieurs

# Twee Suid-Afrikaanse innoveerders is op die kortlys vir die 2026 Afrika-prys vir Ingenieursinnovering. Die chemiese ingenieur, professor Dyllon Randall, is erken vir die ontwikkeling van ‘n urien-tot-kunsmis-herwinningstelsel, terwyl biomediese navorser, Sincengile Ntshingila op die kortlys is vir die skep van ‘n virtuele weefselkultuuropleidingsplatform. Die finaliste sal in Oktober in Johannesburg meeding vir die eerste prys van meer as een-miljoen-rand, terwyl hulle ook sake-opleiding en mentorskap ontvang om hul innoverings te kommersialiseer.