Skip to content

Twee nuwe bek-en-klouseergevalle in Vrystaat bevestig

# Die Departement van Landbou het twee nuwe gevalle van bek-en-klouseer in Heilbron en Bloemfontein bevestig. Dit bring die Vrystaat se aantal bevestigde gevalle op 772 te staan. Die departement se woordvoerder Moliehi Moeng sê 577 gevalle is opgelos, terwyl die eiendomme wat betrokke is, voldoen aan die vereistes vir die opheffing van kwarantynbeperkings. Honderd-vyf-en-negentig gevalle bly egter aktief. Die siekte is nou in 19 munisipaliteite opgespoor, insluitend Kroonstad, Welkom, Sasolburg en Frankfort. Owerhede gaan voort om geaffekteerde gebiede te monitor en maatreëls te implementeer om die uitbreking te beperk.