Skip to content

Twee Nelson Mandela-universiteitstudente onder 20 top finaliste in nasionale innoveringsuitdaging

# Twee studente-entrepeneurs van die Nelson Mandela-universiteit is onder die top 20 finaliste in die gesogte 2025 Absa Entrepreneurskap-ontwikkeling in Hoër Onderwys innoveringsuitdaging. Ayabulela Binase het die NanoLAMP Diagnostic Field Kit ontwikkel, vir die vroeë opsporing van virale patogene wat boontjiegewasse in Suid-Afrika aantas. Jazmyn Du Preez is die stigter van Fin Align, ‘n finansiële toepassing vir selfone wat spesifiek vir Suid-Afrikaners ontwerp is. Die nasionale eindronde vind op 25 November in Gauteng plaas.