Skip to content

Twaalf-duisend paaseiers aan Angel Network geskenk vir weerlose kinders

# Die Angel Network het 12-duisend paaseiers ingesamel om aan weerlose kinders in Johannesburg te gee. Dis daarop gemik om seker te maak die kinders kry ʼn spesiale lekkerny oor Paasnaweek. Die netwerk verwelkom Greenside Primary School se ondersteuning. Dié skool het byna drie-duisend paaseiers geskenk, en die Johannesburgse miniraad vyf-duisend. Die Angel Network sal die paaseiers aan weeskinders en kinders in gevaar uitdeel om seker te maak hulle voel geliefd en versorg.