Skip to content

TUT vier honderdjarige ere-oudstudent Tlou Cholo se nalatenskap

# Dis Menseregtemaand en die Tshwane Universiteit vir Tegnologie vereer ʼn ere-oudstudent, Tlou Cholo, wat in Oktober 100 jaar oud word. Cholo is ʼn vryheidsvegter en waarskynlik die enigste oorlewende veteraan van uMkhonto weSizwe se Luthuli-afdeling. Hy is 16 jaar op Robbeneiland gevange gehou vir sy rol in die vryheidstryd. TUT het in 2018 ʼn eredoktorsgraad aan die oud-vakbondlid toegeken. TUT sê Cholo se volharding en selfopoffering in die vryheidstryd is bewonderenswaardig.