Skip to content

TUT-studentespanne skitter in African Rover-uitdaging

# Twee studentespanne van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het eerste en vierde uit 40 gekom by die toonaangewende Cars4Mars African Rover-uitdaging. Die kompetisie wil Afrika-jeug besiel om loopbane in robotika, ruimtetegnologie en kunsmatige intelligensie te volg. Jongmense uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Nigerië, Kenia en Ghana het deelgeneem. Die TUT-spanne wat uit tweede- en derdejaarstudente bestaan, het gevorderde mobiele robotte gebou wat krag van ingeboude batterye kry en draadloos beheer word. Die finaal vind volgende maand in Johannesburg plaas.