# Die Viewing Room-kunsgalery in Brooklyn, Pretoria, bied ‘n inspirerende groepsuitstalling aan wat die kreatiewe talente van drukkunsstudente en personeel van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Departement Beeldende en Ateljeekuns ten toon stel. Die uitstalling getiteld Setlhatliso beliggaam die kreatiewe rykdom en lewenskrag van die drukkunsproses. Setlhatliso is ‘n Setswana-woord wat verwys na ‘n indruk, ‘n tekening of ‘n beeld wat deur drukwerk geskep word. Die uitstalling duur van Saterdag tot 16 Junie.
TUT-personeel en -studente span saam vir inspirerende tentoonstalling