Skip to content

TUT kry erkenning vir toewyding aan gesondheid, welstand en holistiese studente-ontwikkeling

# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die gesogte International University Sports Federation Healthy Campus Gold Label-sertifisering gekry. Dis ‘n erkenning van die universiteit se buitengewone toewyding aan gesondheid, welstand en holistiese benadering in studente se ontwikkeling. TUT het gevorder van sy vorige silwer-status en blink uit in die bevordering van fisieke aktiwiteite, geestesgesondheidsorg, voedingsorg, voorkoming van siektes, volhoubaarheid en betrokkenheid by die gemeenskap. Die visekanselier en hoof van die universiteit, professor Tinyiko Maluleke, sê dié prestasie wys die toewyding van TUT aan die welstand van sy studente.