Skip to content

TUT-alumni se fliek maak debuut op Durbanse Internasionale Rolprentfees

# ‘n Oudstudent van die Tshwane-universiteit vir Tegnologie, Mbuso Gamede, is besig om die plaaslike rolprentbedryf stormenderhand te verower. Sy fliek, Mfe2 dilo-dilo, wat as deel van sy nagraadse diploma vervaardig is, is vir die 56ste Durbanse Internasionale Rolprentfees gekies. Dit sal in Julie in die afdeling Beste Studentefliek debuteer. Gamede sê die fliek is ‘n geskiedkundige vertelling wat die daaglikse doen en late in ‘n koshuis in die 1990’s uitbeeld.