Skip to content

Tuks help byna helfte van herfsgraduandi om studiedrome waar te maak

# Die Universiteit van Pretoria vier hierdie maand die graduering van 12-duisend-950 studente, en ongeveer 48,4-persent het hul studies afgehandel met finansiële steun van die instelling. Die Giving Day-veldtog wat in 2022 van stapel gestuur is om 100-miljoen-rand vir hulp aan die sogenaamde vermiste middelklas in te samel, is een van die inisiatiewe wat hiertoe bygedra het. UP se visekanselier en hoof, Francis Petersen, sê dit bevestig die hervormende rol wat finansiële hulp in ‘n student se lewe kan speel.