Skip to content

Tshwane Toerismetoekennings wil groei in toerisme ondersteun en aanmoedig

# Die Tshwane toerismevereniging sê voorbereidings vir die Tshwane Toerismetoekennings wat Saterdag gehou sal word, vorder goed. Die toekennings vereer buitengewone toerismeprodukte, insluitend hotelle, aanbiedings en lokale vir konferensies en spesiale geleenthede. Vanjaar se tema is Welkom by die wildste hoofstad in die wêreld. Die vereniging se voorsitter, Susan Marais, sê die toekennings fokus daarop om uitnemendheid op veral vier gebiede te erken. Hulle is bydrae en volhoubaarheid in die gemeenskap, interne omgewing en spankultuur, samewerking in ondernemings en betrokkenheid, groei en verbetering van sakeondernemings.